Graad 3 leerling ’n “Ystervrou”


Die jong Tasha Cronje word genoem die ystervrou van Kilimandjaro. Dit is hoe die Swahili-berggidse dié 10-jarige meisie van Bloemfontein noem wat die jongste meisie is wat dié berg se hoogste piek bereik het.

Sy het ’n onblusbare wil om deur te voer wat sy begin. Sy is ’n leerling aan die Laerskool Willem Postma. Sy het die tog aangepak saam met haar ouers, Henk en Denielle Cronje.