Gepeupel forseer President Morsi uit paleis.

Teen laat gisteraand was die Egiptiese President, Mohammed Morsi geforseer om by ‘n agterdeur van die paleis weg te vlug nadat die mense opgemars het en geëis het dat hy moet bedank.

Vrees vir ‘n burgeroorlog is nou wydverspreid. Die opmars van die mense was as gevolg van die drakoniese en onbetwiste magte wat die Islam president aan homself toegeken het en wat in ‘n oorhaastige opgestelde grondwet deur sy bondgenote goedgekeur en gestoomroller is.

“Vryheid of die dood,” was die slagspreuk voor ‘n moskee in die Abasijah-distrik. “Hierdie is jou laaste waarskuwing voordat ons die paleis beleër” het ‘n 21-jarige student gesê en gewaarsku dat alle presidensiële dekrete gekanselleer moet word.

Laat gisteraand is Morsi by ‘n agterdeur in die paleis weggeneem en per helikopter na ‘n onbekende bestemming geneem.