Geen verkeersbeamptes in sig nie

In die grootste deel van Suid-Afrika is geen verkeersbeampte aan diens vanaf 10.00 nm tot 6.00 vm die volgende oggend nie.

Volgens die Padverkeer Bestuurskorporasie is dit juis gedurende die tyd dat die meeste padongelukke plaasvind.

Suid-Afrika se ongeluksyfer is so hoog dat dit die land jaarliks miljarde Rand kos. Verder is die land se padsterftes drie keer hoër as die wêreldgemiddelde.

Volgens ’n studie sterf 27 uit elke 100,000 mense op ons land se paaie, teenoor die wêreldgemiddelde van 10 sterftes.
Altesaam 13,932 mense het in die 2011-’12-boekjaar op Suid-Afrika se paaie gesterf.

Waarnemers is dit eens dat die land mank gaan aan dienslewering op elke lewensterrein, en dit sluit padverkeer ook in.
Op die foto is ’n verkeersbeampte se voertuig wat wederregtelik die sperstreep ignoreer.