Geen ru-olie uit Iran vir S.A.

Suid-Afrika het in Oktober, vir die 5de opeenvolgende maand, nie ru-olie uit Iran ingevoer nie. Alhoewel daar ‘n vergunning aan Suid-Afrika is, word invoere uit daardie oord onmoontlik gemaak deurdat die EU lande weier om verskepingsversekering op ru-olie vanuit Iran te doen.

Die invoere vir Oktober het hoofsaaklik vanaf Saudi Arabië gekom met 692 740 ton. Verdere invoere van 1,55 miljoen ton was vanaf Nigerië, Angola, Verenigde Arabiese Emirate, Switserland en Ekwatoriale Guinië.