FVP vra dat Interpol help met ondersoek


In ’n verklaring wat deur die Federale Volksparty uitgereik is, word versoek dat ’n onafhanklike ondersoek deur Interpol gedoen word aangesien die indruk gelaat is dat die Staat betrokke is by die hele spioenasie-netwerk wat sogenaamde regses se planne ontbloot het.

Die verklaring lui soos volg:
Die absolute bewys dat regeringsagente in die sogenaamde Regse groepe deur die staat daargestel is. Volgens verskeie artikels was een van die boodskappe wat hierdie agent gestuur het:
Die Media het ook insae gehad in die een van die verslae wat die agent aan sy hanteerders in die taakspan gestuur het.

Hy sê onder meer dat “bomme gemaak word asof dit gister is” en dat die regses op die punt is om 120mm-mortiere en 155 mm-ammunisie – dit word onder meer deur die G5-kanon gebruik – te bekom.

Sover die FVP kon vasstel was geen van hierdie “bomme”, mortiere ,G5-kanonne of sogenaamde aanval wapens gekry nie. Die saak van die staat word dus gebou op ‘n agent wat deur die staat daar geplant is.

Ons as FVP is baie bekommerd oor hierdie stellings. Indien daar so komplot is, hoeveel van dit is deur staatsagente, wat reeds daar was, aangemoedig, befonds of opgebou? Nou wil dit voorkom of hierdie “agent” se inligting nie eers betroubaar was nie.

Die FVP het ook uitgevind die foto’s wat die rondte doen is gedokterde foto’s. Hierdie was deur ‘n kenner in die veld bevestig.

Die FVP vra dat ‘n neutrale ondersoek, geloods word, gelei deur Interpol . Indien hierdie bewerings waar is dat agente van die staat tussen die Regses geplant is om “terreur” te bevorder is hierdie saak niks minder as ‘n internasionale insident waar ‘n spesifieke volk en minderheidsgroep die teiken geword het van die regering nie. Volgens die Roomse statuut moet daar dringend ondersoek ingestel word na wat moontlik Volksmoord per definisie kan wees.