Die sekretaris van dié Party het in ’n persverklaring gemeld dat daar klaarblyklik nie voldoende bewyse bestaan om die twee geskorste lede in hegtenis te neem nie.
Die verklaring word hiermee volledig geplaas. Dit staan egter in kontras teen die berigte wat bekend gemaak is oor wapens wat versamel is aangesien mortiere nie bekom kon word nie.
Die verklaring lui soos volg:
Na aanleiding van verskeie bronne, wil dit voorkom, of daar by Hein Boonzaaier geen onwettige wapens, of plofstof gekry is nie, terwyl by Johan Prinsloo moontlik ‘n enkele Baby Browning pistooltjie, wat nie gelisensieerd was nie, gevind is.
Die Federale Vryheidsparty keer ten sterkste dit af, dat mense onwettige wapens besit en indien Johan Prinsloo moontlik skuldig hier aan is, sal hy verantwoording moet doen vir hierdie oortreding, maar die FVP is wel bekommerd oor of dit arrestasie van hierdie mans regverdig. Ons as FVP en die publiek word in die duister gehou oor wat regtig aan die gang is. Dit is duidelik dat tot die media agterdog is oor die inligting rakende die saak. ‘n Saak soos hierdie het ‘n groot invloed op die etikettering van ‘n minderheidsgroep, sowel as die invloed wat dit het op rasverhoudings.
Die FVP se Uitvoerende Partyraad hoop nie die gerugte wat die rondte doen, is waar dat hierdie manne aangehou word, sonder enige bewyse van hierdie “terreurkomplot”, nie. Ons respekteer die ondersoek van die Suid-Afrikaanse Polisie, maar doen weer ‘n beroep daarop dat die Kommissaris van Polisie en die Vervolgingsgesag indringend na die wettigheid van hierdie arrestasie moet kyk en dat hierdie saak spoedig aandag sal geniet.
n ANC Luislang in die gras. Python.
Volgens die appelhof mag polisie mense op geringe oortreding in hegtenis neem. Hierdie uitspraak word ondersoek.
Goeiedag Boere,
Inhegtenisname sonder afdoende bewyse is na my mening net so onwettig as om te lieg terwyl jy onder eed gesweer het om die waarheid te praat. As die beginsel van die wet is, dat jy onskuldig is, tensy die staat onweerlegbaar kan bewys dat jy skuldig is, dan oortree die staat daardie beginsel deur iemand in hegtenis te neem sonder afdoende bewyse. Dit beteken dat die staat die wetgewing self verkrag, wat hulle veronderstel is om te in stand te hou.
Ons Vader in die hemel is die Oppergesag van die heelal, maar Hy is ook die God van Reg en Geregtigheid. Geen staatsgesag op aarde wat onreg pleeg en die mag van die swaard teen Sy kinders misbruik, kan verwag om deur Hom in stand gehou te word nie. As daardie staatsgesag Hom ook nie erken nie, en op leuens, voorvadergeeste en alliansies met satan staatgemaak het om aan bewind te kom, moet hulle ook verwag om deur Hom onttroon en vernietig te word.
Luister Boere, die wetgewing waaraan ons volk te alle tye gebonde moet wees, is die Tien Gebooie van ons Vader. As ons binne daardie Wetgewing wandel sal Sy Reg aan ons kant wees. As die staat se wetgewing buite daardie Reg handel, sal Hy ons nie veroordeel as ons daardie staatsgesag ook nie oor ons erken nie. So Boere, sorg dat jou saak met jou Vader reg is, sorg dat jy en jou naastes Sy Gebooie onderhou en ons volk se Geloftes betaal, dan SAL Hy ons land herstel en reinig van die swaard van ongeregtigheid wat satan deur middel van ‘n terroristebende oor ons koppe laat hang. Die finale Regspraak behoort aan Hom alleen.
Boeregroete,
DuP