Fratsongeluk eis vyfjarige se lewe

’n Paar minute nadat hy vir sy geliefde ouma gepluk het en dit nogal in ’n bottel gedruk en aan haar gegee het, is Gerrie Kruger (5) van Badplaas dood in ’n fratsongeluk.

’n Staalraam waaraan hy geswaai het, het omgekantel en op sy kop geval.

Dié ongeluk het op ’n hoewe enkele kilometers buite Badplaas in die Oos-Transvaal gebeur.

Gerrie en sy sussie, Daleen (8), het hier saam met hul pa gewoon.

Daleen het gillend na Karen de Villiers gehardloop wat daar naby werk, en geskree: “Tannie, my boetie is dood!”

Karen het gehardloop na waar die seuntjie langs die staalraam lê en dadelik geweet die ergste het gebeur.