Foutbal!

Charl Schwartzel is vuurwarm hierdie Desember. Nadat hy verlede week die baan verpletter het in Thailand, het hy dieselfde vermag in die Alfred Dunhill kampioenskapstoernooi by Leopard Creek. Hy het sy teenstanders weereens in die stof laat byt en met ’n allemintige 12 houe gewen. Sy 264 houe is ook die laagste telling nog op die baan. Dis 5 houe minder as die vorige beste.

Sewes rugby is nie meer dieselfde na hierdie naweek nie. 12 Spanne het meegeding in die toernooi in George, waar R1 miljoen op die spel was. Twaalf spanne het meegeding, waarvan 6 provinsiale spanne en 6 korporatiewe spanne was. Selfs Kaizer Chiefs het meegeding. ’n Ou vriend het altyd gesê dat hy vir Kaizer Chiefs sal ondersteun as hulle teen die Bulle speel. Ek het ’n vermoede dat hy die naweek aan sy beskuit verstik het! Die toernooi is deur ’n korporatiewe span, Samurai, gewen. Hulle het die Vrystaat in die eindstryd geklop met 29-14.

Wie sou nou ooit kon raai dat sokker in Suid-Afrika onder ’n knoei skandaal sal deurloop? Die hele land is dan vry kan korrupsie en ander skelmstreke… Hierdie naweek was dit vir sommige mense ’n skok om te verneem dat SA se sokkerbaas en 5 senior bestuurslede geskors is weens hulle beweerde betrokkenheid by wedstrydknoeiery. Dit het blykbaar gebeur in die oefenwedstryde van Bafana-Bafana kort voor die 2010 wêreldbeker toernooi in Suid-Afrika. Dis nou die een waarvoor die paaie reggemaak is waarvoor ons nou moet begin betaal. FIFA, die wêreld sokkerbeheerliggaam, het bevind dat daar oortuigende bewyse van knoeiery tydens die kragmetings met Guatemala en Colombië was. Tydens die wedstryd teen Guatemala het die ronde bal skoppers hulle grootste internasionale sege nog behaal, met ’n 5-0 sege in die “Skiet-die-Boer” stadion in Pietersburg.