Foodcorp moet miljoene Rand opdok

Die maatskappy Foodcorp is ‘n boete van R88,5 miljoen opgelê. Dit volg op bevindinge van die Mededingingskommissie

Die Mededingingskommissie het blykbaar ‘n skikking bereik met Foodcorp in twee verskillende kartelsake. Die Maatskappy het erken dat hy met die pryse van koringmeel en mieliemeel gekonkel het.

’n Boete van 10% van die omset van die maatskappy se meul-afdeling soos in 2010, is betaalbaar. Foodcorp en ander maatskappye het ooreen gekom om meelprodukte se pryse te verhoog.