Dr. Merkel nog net so gewild soos altyd

Bondskanselier dr. Angela Merkel (58), is met ’n reuse meerderheid van 98% van die stemme as leier van die konserwatiewe Christen-Demokratiese Unie (CDU) herkies.

Sy het soos gewoonlik, haar eerlike en openhartige siening daaroor uitgespreek. “Diegene wat my ken, weet ek is ontroer hierdeur.”

Die Kongresgangers het Merkel agt minute lank staande toegejuig. Sy het gesê dat die CDU die enigste party is wat Duitsland deur die huidige stormwaters en die ekonomiese krisis kan lei.

“Hierdie is onstuimige tye. Dit is egter die CDU wat die duidelike rigting het om ons hierdeur te stuur.”

Dr. Merkel sal na alle verwagtinge in September 2013 vir ’n derde termyn as bondskanselier herkies word.