Die lewensverhaal van die Boerespioen Fritz Joubert Duquesne kan in die DeKat wat nou in die winkels is, gelees word.
Fritz se pa was ‘n jonger broer van Genl Piet Joubert en hy was een van ‘n groep uitgelese jong mense wat voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog deur Pres, Paul Kruger na Engeland en België gestuur is om as spioene opgelei te word. Gedurende die Oorlog het hy onder sy oom se bevel aan gevegte deelgeneem, maar word by Ermelo gevange geneem en na ‘n eiland naby Portugal gestuur.
Soveel kere as wat hy gevange geneem is, soveel kere ontsnap hy. Die wrede dood van sy moeder, broers en suster as gevolg van Kitchener se verskroeide aarde beleid, sou hom vir die res van sy lewe bybly. In die artikel word hierdie aspek van sy lewe belig asook sy rol wat hy in die dood van Kitchener gehad het.
DeKat beskik oor die alleenreg op die pragtige artikel en kan ongelukkig nie in Die Vryburger geplaas word nie.
Onderhandelinge met ‘n Afrikaanse filmmaker in Amerika om ‘n film oor hierdie merkwaardige man te maak, is ver gevorder.
Goeiedag Boere,
Ai dis so jammer, ‘De Kat’ is nou nie my gunsteling tydskrif nie, maar vir so ‘n artikel sal ek dit seker maar moet koop. Ek sou dit darem baie eerder in die Boere se eie nuusblad ‘Die Vryburger’ wou lees.
Ek het al gewonder of ‘Die Vryburger’ enige artikels van vryskut joernaliste sal wil plaas (natuurlik na vooraf beoordeling). Ek het ook toegang tot talle kortverhale wat deur Oom Hendrik van Blerk geskryf was, indien die redaksie daarin belangstel kan ons dit moontlik beskikbaar stel. Hy het ook talle geskiedkundige- en jeugverhale geskryf, moontlik kan ons ‘n Jeug-afdeling of ‘n Boeke-rubriek in ‘Die Vryburger’ skep.
Boeregroete,
DuP
Dit was die geld werd om DeKat te gaan koop om die artikel oor Fritz Joubert Duquesne te kan lees. Sommige aspekte grens aan die ondenkbare en bewys net weer dat die waarheid vreemder as verdigsel kan wees.
Voorwaar ‘n verhaal wat verdien om verfilm te word en wat sekerlik ‘n loket treffer kan wees.
Geluk aan Bets wat ‘n interessante stukkie Afrikaanse geskiedenis onder ons lesers se aandag te bring. Ek beaam ook een van die vorige lesers se mening dat dit ‘n film-weergawe verdien!