Die Britte se lawaai oor Peerce

Die moord op mnr. Chris Peerce op sy plaas in Ficksburg-distrik, maak wêreldwyd opslae.

Gedurende die afgelope jaar is meer as 130 blankes deur terroriste in die land vermoor. Hierdie gegewens is deur die bestuur van Projek 2010 bekend gemaak.

Die feit dat so ’n groot aantal blankes in die volksmoord omgekom het, word opvallend nie deur die Britte geopper nie. Die moord op Peerce, ’n Britse burger wat hom in Suid-Afrika kom vestig het, word nou wêreldwyd bekend gemaak.

’n Woordvoerder van Projek 2010 wys egter daarop dat die Britte nog steeds glo dat die moord plaasgevind het omdat opvoedingspeile nie op standaard is nie, dat werkloosheid ’n oorsaak is, en dat dit alles die regering van SA se skuld is.

Die Britte sal die werklike rede klaarblyklik nooit besef nie. Die swart terroriste beskou die witman as ’n indringer en wil hulle verwyder uit die land soos wat gedoen is in die res van Afrika, het hy gesê.