Julius Malema, die geskorste president van die ANC-jeugliga, het sy opvolger, Ronald Lamola, ‘n “verraaier” en ‘n “uitverkoper” genoem.
“Hy is gekompromitteer. Hy is uitverkoop met sy uitverkoper neigings en sal nooit die jeugliga lei nie,” het Malema aan ’n koerant gesê.
Malema het Lamola gekritiseer oor ‘n uitlating dat die jeugliga die uitkoms van die ANC se nasionale verkiesingskonferensie sal ondersteun, ongeag wie die nuwe leiers sou wees.
Waarnemers is van oordeel dat die verdeeldheid in die ANC tydens die konferensie sterker na vore sal kom
Goeiedag Boere,
Daar is darem min goed so lekker, as om te sien hoe jou vyande onder mekaar begin inklim. Talle keer in die geskiedenis van die volk Israel, het ons Vader ook hulle vyande teen mekaar laat draai. Hou maar julle oë oop en sien die Hand van die Here in die gebeure rondom ons volkie.
Boeregroete,
DuP