Debbie Calitz in hegtenis geneem oor dwelms

Die Suid-Afrikaanse vrou wat ‘n gyselaarsdrama in Somalië oorleef het, Debbie Calitz, is tydens ‘n klopjag in hegtenis geneem weens die besit van dwelms.

Calitz en Bruno Pelizzari is sowat ses maande gelede vrygelaat nadat hulle amper twee jaar lank deur Somaliese seerowers aangehou is.

Die polisie in Garsfontein het ‘n klopjag op haar woonstel in Constantia Park, Pretoria, uitgevoer nadat hulle ‘n wenk gekry het dat sy dagga en “magic mushrooms” gegroei het.