De la Rey-lied in Kaapstad Raadsaal gespeel

Die welbekende liedjie “De la Rey”, is oorverdowend oor die luidsprekers in die raadsaal van die Kaapse stadsraad gespeel.

Dit het daartoe gelei dat die ANC lede woedend geword het.

Die speaker, Dirk Smit, het raadslede genooi om op dié laaste raadsvergadering tradisionele klere te dra.

Smit, was self geklee in kakie met ’n geweersak oor die skouer. Terwyl hy die Raadsaal binnestap, het De La Rey gespeel.

Patricia de Lille, geklee in ’n helderoranje tradisionele Afrika-lap, het gesê sy weet wat gesing word.

“Ek is nou nie ’n ware generaal nie, maar wel ’n erekolonel in die weermag. Ek kan julle seker lei,” het sy geskerts.

“Dit is nie onwettig om die liedjie te speel nie,” het Smit gesê nadat klagtes deur die ANC geopper is.