Davies glo arbeidsaanpassings onnodig

Die ANC-regime se minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies is van mening dat diegene wat dink dat arbeidswetaanpassings Suid-Afrika meer kompiterend sal maak met “pie in the sky” denke besig is. Hy het die mening gehuldig tydens ‘n ontbyt toespraak aan ‘n sakeforum.

Davies is van mening dat kompiterende voordeel eerder gevind moet word deur bevoordeling met primêre produkte en ontwikkelingsfinansiering. Die mening van die minister van Handel en nywerheid is ten spyte van die statistiek dat Suid-Afrika se posisie elke jaar verder verswak op die internasionale besigheidskompiteringsindeks weens ongunstige arbeids- en besigheidsregulasies. Davies is ‘n lid van die sentrale komitee en politburo van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party.