Daar is ’n tyd om te verban

Jare gelede (1993) het Nelson Mandela iets kwyt geraak waarvan die implikasies waarskynlik nie deur hom behoorlik deurdink of verreken is nie.

Hy het in sy boodskap aan Cosatu onder luide toejuiging gesê: As die ANC aan julle doen wat die Apartheidsregering aan julle gedoen het, dan moet julle aan die ANC doen wat julle aan die Apartheidsregering gedoen het.

Miskien het dit tyd geword dat Nelson Mandela en Cosatu nou optree. Dit het tyd geword om die ANC te verban, en dalk tyd geword om die ondersteuners van die ANC ook te verban. Ons sal nie so wreed wees om te sê hulle moet mekaar uitmoor soos wat hulle tans met ons doen nie.

Vanjaar se Geloftedag vieringe het stil en ordelik verloop soos wat dit hoort. Dit is immers hoe Boere-Afrikaners Geloftedag herdenk – “als een Sabbatdag….”

Een of dalk twee steurings was opvallend. Die een is die inhegtenisneming van twee lede van die Uitvoerende Partyraad van die FVP vir hul poging om die ANC konferensie te ontwrig. Dit is jammer dat daar nog volksgenote is wat hulle met sulke dinge besig hou.

Die ander geval is die versoeningspoging by die Voortrekkermonument waaroor ons nie berig omdat dit nie van wesenlike belang is nie. Dit is egter opvallend dat die linkse media slegs van die geval melding maak en van geen ander Geloftedag verrigtinge nie.

Die Vryburger berig ook oor die eerste bekendmakings-dokument van Afrikaner Kultuurbond se planne om Groot Trek 175 te herdenk. Die AKB is bekend daarvoor dat deeglike werk gedoen word met die herdenking van Groot Trek geleenthede. GT150 is nog vars in ons geheue!

Lees gerus die berigte oor naamsveranderings in Bloemfontein, Bram Fisher wat vereer word, en hoe terroriste aanvalle weer op volksgenote losgebars het.

Die mees merkwaardige nuusberig is waarskynlik die tientalle parlementslede wat sonder ’n matrieksertifikaat toegelaat is om ’n graadkursus by Unisa te volg. Die nuuswaardigheid word omlyn deur die feit dat sowat 30% van die “studente” nie die kursus kon slaag nie terwyl die vlak van die kursus slegs ’n geringe graad hoër as matriek is.

Boere-Afrikaners word deur sulke mense regeer in hierdie mooi land Is dit die rede waarom alles wat opgebou is, besig is om te verkrummel? Dit is tragies dat ons volk in slawerny gedompel is deur die papbroeke van 1994.

Miskien moet die Mandela ondersteuners werklik begin om hulle eie mense te verban.

Redakteur