Cornelius van Wyk se parool toegestaan

Die Hooggeregshof het parool aan ‘n veroordeelde moordenaar toegestaan. Dit gebeur nadat die Departement van Korrektiewe Dienste sowat vier maande gelede besluiteloos was of hy vrygelaat kan word of nie.

The Star berig dat gevangene Cornelius van Wyk 1 Januarie 2013 vrygelaat word.

Die man is in 1994 drie lewenslange vonnisse opgelê nadat hy drie mense in 1991 in vermoor het. Van Wyk was toe 20 jaar oud en deel van die regse Nasionale Sosialistiese Partisane.

Die Departement het aanvanklik geweier om sy aansoek te oorweeg. Van Wyk het die saak hof toe geneem. Die hof het gelas dat die Departement die saak verder voer ingevolge die parool-wette.
.
Die paroolraad het glo aanbeveel dat Van Wyk parool kry. Die betrokke minister het nooit die finale besluit geneem nie.