Clinton waarsku Siriese regering

Hillary Clinton, VSA Minister van Buitelandse Sake, het die regering van pres. Bashar al-Assad van Sirië ernstig gewaarsku teen die moontlike gebruik van chemiese wapens teen rebelle in dié land.

Clinton het die waarskuwing gerig ná ‘n vergadering met die Tsjeggiese minister van buitelandse sake, Karel Schwarzenberg.

Hierdie dade teen die land se eie mense is tragies en verwerplik, het sy gesê.

Waarnemers is van mening dat die VSA steeds nuwe redes soek om ’n grootskaalse inval in Sirië te regverdig. So ’n inval hou klaarblyklik ekonomiese en strategiese voordele in vir Amerika.