Buurvrou laat diewe hulle vasloop

Drie diewe en rowers wat ’n man in sy rolstoel oorval en aangerand het, is deur die Vanderbijlpark-polisie op heterdaad betrap en gearresteer.

Die arrestasie is te danke aan die vinnige optrede van die buurvrou.
Sy het gesien hoe die skurke oor die heining spring en by die huis se agterdeur ingaan. Sy het die polisie sowel as die blitspatrollie geskakel.
Die drie boewe het ’n 21-jarige man en sy 48-jarige oom, wat hulpeloos is in ’n rolstoel, aangerand.

Hulle het selfone en kontant geëis. Hulle wou nog vlug maar die polisie was reeds op die toneel.
Die polisie het beslag gelê op ’n 9 mm-pistool en ’n rewolwer.