Brittanje skenk SA £19m vir noodhulp – Zuma spandeer £17.5m op Zumaville

In Suid-Afrika is sowat 13 miljoen mense daagliks in ’n oorlewingstryd gewikkel weens armoede want hulle moet oorleef op R10 per dag.

So luis ’n berig in een van die grootste koerante in Brittanje.

Die lywige berig gaan voort deur uit te wys dat die land se verkose president, mnr. Jacob Zuma verkies om R200 miljoen te spandeer aan sy super-luukse privaat woning in ‘Nkandlagate’, terwyl ander sukkel om aan die lewe te bly.

Meer as twee miljoen mense het nie eers toegang tot ’n toilet nie.

Dit gebeur nadat Britse belastingbetalers se £19 miljoen skenking gedoen is aan die land.

Sportvelde, ’n hospitaal, m gimnasium en ondergrondse veiligheidskamers is deel van die projek.

£40 miljoen is spandeer aan infrastruktuur soos paaie en brûe. Zuma ontvang ook sowat R10 miljoen per jaar vir onderhoud vir sy klomp vroue.

Volgens die berig is die oprigting van Zumaville net nog een van die talle skandale van die president van die land.