Liewe Volksgenoot,
Sondag herdenk ons die Slag van Bloedrivier in nakoming van ons voorouers se gelofte om die dag en datum van hulle oorwinning oor die Zoeloemag elke jaar as ‘n verjaardag en ‘n dankdag soos ‘n Sabbat tot Gods eer deur te bring. Selfs as u êrens met vakansie sal wees of buite bereik van ‘n geloftefees, kan u steeds alleen of saam met u gesin die gelofte nakom — nie net om God te dank vir die oorwinning by Bloedrivier 174 jaar gelede nie, maar Hom ook te dank vir sy volgehoue voorsienigheid en vir die voorreg om aan ‘n volk te behoort wat deur dié gelofte aan Hom verbind is. Laat ons nooit vergeet nie dat Hy ons lotgevalle bepaal. Lees Jer. 32 en put daaruit die versekering dat Hy op sy tyd die ellendige toestand waarin ons volk hom vandag bevind, sal omkeer.
Dankie aan elkeen van u wat deur die jaar getrou was en die Volksraad ondersteun het. Die Volksraad doen niks in eie krag nie, maar soek in sy handelinge die leiding van die Heilige Gees. Dat die infame ANC-regering ons ignoreer, pla ons nie, want so stapel hulle getuienis téén hulleself op en verswaar hulle die oordeel wat hulle sal tref. Laat ons ons plig blymoedig en getrou doen en die toekoms met vertroue tegemoet gaan!
Graag wens ons ieder van u ‘n geseënde Christusfees toe. Laat ons krag put uit die wete dat aan die opgestane Heer alle mag in hemel en op aarde gegee is en dat Hy op sy troon sit vanwaar Hy oor sy skepping regeer totdat Hy weer kom.
Andries Breytenbach
Goeiedag Boere,
As dit ons Vader se wil is, sal ek en my vrou Sondag graag ons Gelofte op Majuba gaan betaal. Die Geloftefees-program sal 09h30 begin met ‘n vlagparade deur die Perdekommando.
Ek hoop om ‘n hele paar van julle daar in die HS van Blerk-saal te sien.
Boeregroete,
DuP
Goeiedag Boere,
Ek wil graag kortliks terugvoer oor die Geloftefees-vieringe op Majuba en Bothaspas.
By beide geleenthede het ons Boere-perdekommando’s op eg tradissionele wyse die seremonies deur middel van vlagparades geopen. Daarna was daar tradissionele samesang, ‘n erediens waarby die Gelofte voorgehou was sowel as ‘n geleentheidspreker wat ‘n toepaslike boodskap gelewer het.
Iets wat my maar altyd na die plattelandse geleenthede lok, is die gemoedelike gasvryheid en gemaklikheid waarmee vreemdelinge dadelik in hul midde verwelkom word.
Op Majubaberg was daar na my beskeie skatting ongeveer 150 Boere en talle kinders in die HS van Blerk saal en op Bothaspas was die Geloftesaaltjie so vol gepak dat somige mense buite op die gras moes sit.
Iets wat my by beide geleenthede opgeval het, was dat die Gelofte wat voorgehou was, die weergawe was waarin daar genoem word dat ‘n Huis vir die Here OPGERIG sal word, en nie soos wat in die Hollandse weergawe staan (soos hier langsaan in Die Vryburger geplaas) dat daar ‘n Huis tot Sy gedagtenis GESTIG sou word. Oor hierdie klein verskilletjie, maar wat tog so ‘n geweldige implikasie het, sal ek graag volgende keer meer wil se^, maar ongelukkig laat my tyd my nie nou toe nie.
Ek kon gelukkig die geleentheid by Bothaspas ook gedeeltelik bywoon omdat die twee terreine nie ver van mekaar gelee is nie en die erediens daar eers later begin het.
Verder wil ek graag meld, dat dit vir my elke keer as ek tussen my eie mense is, daar net ‘n rustigheid ondervind word wat jy maar net nie in die stad kan ervaar nie.
Boeregroete,
DuP
As ons die boekie deur ds. Mossie van den Berg, “Geloftesterk jou stand” oor die saak van “oprig/stig” sou nagaan, behoort daar geen twyfel te bestaan oor wat met hierdie term bedoel word nie. Dit mag wel in die gedagte van Cilliers en Pretorius gewees het om ‘n kerkgebou op te rig. God weet egter beter en gee immers vir ons dit wat tot ons beswil is. Onwetend vra ons dikwels die slang of die klip, maar Hy weet dat ons die brood en die vis nodig het. Vandag weet ons mos dat die kerk van die HERE nie bestaan uit sement en stene nie, maar wel uit die gelowiges wat Sy naam bely en volgens Sy gebooie elke dag wandel, dws werk.
Opmerking: Die boekie is in verkorte vorm (ook in Engels) verkrygbaar.
Goeiedag Boere,
Dit is met leedwese dat ek moet meld van een van ons welbekende Boerevolksgenote wat gister aan ‘n hartaanval oorlede is. Kommandant Gerhard Combrink was al vie baie jare die sameroeper en organiseerder van verskeie Boere-perdekommando’s regoor die land. Dit was vir my ‘n groot voorreg om vir Gerhard te ken as iemand wat ons Vader in die hemel geken het en sy naaste net so lief gehad het as homself. As ek van naasteliefde praat, bedoel ek diegene wat deur ons Vader die naaste aan homself geplaas was, nl. sy familie en sy volk, en nie die humanistiese leuen van sg. “naasteliefde” wat deur baie kerke aan ons voorgehou word nie.
Op 16 Desember het ek die voorreg gehad om ook die geloftefees op Bothaspas by te woon. By daardie geleentheid was Gerhard die geleentheidspreker en het hy ook die Perdekommando gelei, nieteenstaande die feit dat hy die vorige week beseer was in ‘n perde ongeluk. Alhoewel hy toe gekla het van borspyn weens moontlike gekraakte ribbes, was hy geestelik opgewek en het ons lekker gesels oor volksake.
Gerhard sal altyd deur die Boere onthou word vir al die geleenthede by Majuba, Bloedrivier, Vegkop en ander, toe hy die Boere-perdekommando’s gelei het en telkemale die vlag-presenterings van al ons geskiedkundige volksvlae hanteer het. Sy heengaan laat ‘n groot leemte, en alhoewel ek genoeg vertroue in die jong manne van ons volk het, gaan sy skoene moeilik volgestaan kan word.
Gerhard was een van Oom Hendrik van Blerk se mees getroue staatmakers, in sy stryd om Majuba se voortbestaan as Boerevolksmonument te verseker, en ek glo hierdie twee ou Boerestrydrosse sal van nou af saam sit en toekyk hoedat ons die Boerevolk se stryd om voortbestaan in hierdie land bly voortsit.
Die begrafnis sal DV op Saterdagoggend om 11h00 vanuit die NG kerk op Memel in die Oranje Vrystaat geskied. Tradissionele Boerekleredrag ie welkom maar ons is gevra om nie in of by die kerkgebou enige geskiedkundige vlae te vertoon nie. By die begrafplaas behoort daar nie enige besware daarteen te wees nie.
Dankie Gerhard, ek sal die opregte handdruk van ‘n Boer altyd in my regterhand bly voel.
Boeregroete,
DuP
Goeiedag Boere,
Blykbaar is die swak en ondeurdagte reelings oor die verbod op die vertoon van ons volksvlae, die werk van Gerhard se broer Jannie, blykbaar ‘n liberale, anti-Boerevolk professor verbonde aan die Hammanskraal-kampus van Tukkies.
Dit laat die indruk dat hierdie professor nie bewus is van die belangrike openbare rol wat sy broer in die kultuurlewe van die Boerevolk gespeel het nie.
Kennisse beweer dat Jannie maar min aandag aan familie-aangeleenthede gegee het. Sy optrede met die tref van hierdie reelings is vir sy Boere-familie en -volksgenote wat vir Gerhard lief gehad het derhalwe ‘n doring in die vlees en SWAK SMAAK. Daarmee het prof. Combrinck die begrafnis verpolitiseer, moontlik konflik veroorsaak, en homself die argwaan van die Boerevolk op die hals gehaal.
Ek moet hier darem byvoeg dat ek met hierdie nuwe inligting, meer waardering het vir Gerhard se insig in Oom Hendrik van Blerk se probleme met die klomp profesore in die Majuba Boerevolktrust wat hom so swak behandel en belieg het.
Weens my vakansie op die Kaapse Skiereiland kon ek ongelukkig nie die begrafnis bywoon nie, maar ek verstaan dat daar baie Boere is wat dit wel kon bywoon.
Kan ons versoek dat enigiemand wat wel bygewoon het, asb. sal terug-rapporteer, ons sal dit baie waardeer.
Boeregroete,
DuP