Boewe skiet om dood te skiet


’n Man wat tydens ’n rooftog deur die kop geskiet is, het gister self vertel hoe hy dit oorleef het.

Dis ’n wonderwerk en die slagoffer sê hy het ’n tweede kans gekry om te lewe.

Dit is wat mnr. Ben Welthagen (60) in die Life Peglerae-hospitaal in Rustenburg gesê het.

“Die Here het die koeël gelei.”

Hy is tydens die rooftog by ’n plaaswinkel in die Mooinooi omgewing geskiet.

Die koeël is deur sy regteroogbank en deur sy sinus kanaal, deur die onderkaak en onder sy linkeroor by sy nek uit.

Geen slagaar of enige deel van sy brein is getref nie.