Boeremag No.2 aan die gang?

’n Weermag kolonel wat weens sy betrokkenheid by die Boeremag uit die weermag ontslaan is, se huis is in ongewone omstandighede vol vreemde woorde en simbole gespuitverf.

Klaarblyklik het twee netjies geklede mans uit die huis in Postmasburg gehardloop en is deur ’n toevallige besoeker gesien.

Oud kol. Giel Burger, voorheen verbonde aan die Leër se Geveg-opleidingsentrum in Lohatlha, het glo gesê dit is duidelik dat dit geen gewone inbraak was nie.

Hy en sy vrou was by familielede in Kuruman toe vriende in Postmasburg hulle laat weet het daar ingebreek is in hul woning.

Die twee mans het in ’n motor gespring en weg gejaag.
Die huis is in chaos gelaat en slegs ’n skootrekenaar word vermis,

“Die ontstellendste is egter die slagspreuke en vreemde letters wat met spuitverf op die mure gespuit is,” het ’n ontstelde Burger gesê.

Die inbraak was helder oordag. Al wat weg is, is sy vrou se skootrekenaar.

Talle vreemde simbole is op die mure geverf. ’n Dawidster, die letters “Mia SbB” en “X 3 4” is van die verfwerk op mure.
Mia is die naam van hulle kleinkind.

Die foto is bekom van Beeld.