Die vier blankes wat in hegtenis geneem is wou klaarblyklik die eetlokaal by die ANC-konferensie in Bloemfontein met mortiere opblaas. Die operasie het bekend gestaan as “Die Slag van Mangaung” waarin die ANC se leiers uitgewis sou word.
Daar bestaan vermoedens dat ’n tweede plan opgestel is om Jacob Zuma, die ministers en ander ANC-hoë ampsdraers op kort afstand te skiet.
Mark Trollip van Douglas, John Martin Keevy van Port Elizabeth wat as ’n projekbestuurder in Bloemfontein werk, Johan Hendrik Prinsloo van Naboomspruit en Hein Boonzaaier (FVP leier) van Verwoerdburg, het in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van hoogverraad verskyn.
Talle polisiebeamptes met R5-aanvalsgewere het ’n wakende oog gehou binne en buite die hof.
Van links is Hein Boonzaaier, Johan Prinsloo, Martin Keevy en Mark Trollip.
Ek voel oortuig dis weer ‘n fabrikasie van die intelligensiediens of so iets
Die vraag is; “Hoe sou hulle dit tussen daardie massas kon uitvoer?” Hier is n vooropgesette lokval wat stink. Verraad, en politieke beplanning om ons wittes weereens in die kategorie van geweldenaars te plaas.
Ek ruik ‘n rot…
Ek ruik iets onaangenaams