Betogers in Slovenië.

Ljubljana – Sedert Maandagaand protesteer duisende teen munisipale en regeringsamptenare en diegene wat hulle die “elite” noem.

Tussen vier- en vyfduisend mense het in die strate saamgedrom en die bedanking van leiers geëis. “Weg met julle,” en “ons gaan nie vir die krisis wat julle veroorsaak het, betaal nie,” was van die slagspreuke wat gehoor is.

Volgens ander berigte het sowat 10 000 mense by Maribor betoog en geëis dat die burgemeester, Franc Kangler wat van korrupsie beskuldig word, moet bedank. Daar is ook protesoptogte in Celje, Velenjeu en ander stede en dorpe gehou.

Twintig jaar gelede met die opbreek van Joegoeslawië en die opkoms van die kleiner state, het die ideologiese verkille tussn die groepe nie so vanselfsprekend na vore getree nie. Kosovo is sowat 350 km weg en die mense daar praat hulle eie taal, tussen-in is daar nog steeds die Amerikaanse weermag en tussen Slovenië en Kosovo is daar drie state. Kosovo is verbind met Serwië, Macedonia, Griekeland en Montenegro. Slovenië lê tussen Oostenryk, Hongarye, Italië en Kroasië.

Oënskynlik niks, wat hulle verbind nie, behalwe dat hulle moeg is om deur oorheersers uitgesuig en bedrieg te word.

‘n Brief van die Sloweense weermag aan die burgers is verlede week versprei; dit lees as volg:

“Dapper mede-burgers,

‘n Oorweldigende meerderheid van die Sloweense weermag is siek a.g.v gebeure in ons land. Soos julle, verstaan ons nie die onnoselheid van politiese en ekonomiese elites en hulle oënskynlike gebrek aan die behoeftes en boodskappe van ons mense nie.

Hulle loof die bevolking dat hulle teen die onregte opstaan en sê verder: “Die daaglikse geveg vir oorlewing het julle na die deure van die elite gebring. Hulle raak bewus van die krisis en probeer hulle posisies beskerm. Hou vol met die druk. Alle oorwinnings geskied a.g.v. eenheid, moed en uithouvermoë. Na twintig jaar het die tyd weer aangebreek vir ‘n nuwe oorwinning.. Ons, soldate van Slovenië sal altyd aan die kant van ons land wees. Ons vaderland is ons, die pragtige mense in hierdie pragtige land. Ons ondersteun julle in julle eise, want ons vra dieselfde. Indien daar ‘n tyd sal kom wat hulle ons in die strate stuur, wees gerus en weet waar ons lojaliteite is. BY JULLE.”