Die polisie het sewe vermeende regsgesinde blankes in hegtenis geneem wat klaarblyklik ’n tent op die ANC se nasionale konferensie, met plofstof wou opblaas.
Die sewe verdagtes, waarvan minstens twee persone lede is van die Federale Vryheidsparty, is in Bloemfontein, Douglas en Naboomspruit aangekeer.
Die provinsiale polisiewoordvoerder, Brigadier Billy Jones, sê die mans is vasgetrek ná inligting ontvang is.
Die mans is blykbaar tussen 40 en 50 jaar oud en sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van hoogverraad.
Berig is ontvang dat veiligheidsmaatreëls by die konferensie intussen verskerp is.
Waarnemers het aan Die Vryburger gesê dat dit steeds onverklaarbaar is dat mense hulle met so ’n operasie kan bemoei, wel wetende dat elke geval vooraf na die veiligheidsmagte verklap word. Dit dui daarop dat die moontlikheid nie uitgesluit is dat spioene aangestel word om mense by sulke operasies te betrek nie.
“Deur sulke optrede word die probleme van die regime op die agtergrond geskuif”, word gesê.
Hartseer dat mense hulle in sulke situasies begewe. In SA sit ons met hordes wat ons uitverkoop. Wees versigtig en raak nie by sulke dinge betrokke nie. Jy gaan bitter moeilik jouself daaruit loswikkel. Ons moet wag, die tyd kom, dan kan ons ons ding doen, om die swartes se spreuk ” dis nog nie UHURU nie” te gebruik. Vir n paar mense om so n operasie van stapel te stuur is gek. Ons is almal gatvol vir die bliksems, maar ons moet kalm en berekend optree. Hierdie klomp gaan net soos Boeremaglede jaar in, jaar uit aangehou word. Ons doodsteek is die veraaier Judasse in ons midde, pasop vir hulle.
Ek wou amper my kommentaar begin het met “Liewe genade, kan ons mense niks reg doen nie!” Maar toe besef ek Andries hierbo het n punt beet. Ons sal slegs weer kan begin groei as n volk sodra ons die onkruid tussen ons uitroei.