Bankkaart kloon-sindikaat vasgevat

Die Valke het twee Bulgaarse mans in Pretoria in hegtenis geneem. Hulle het nie minder as 12 kaart-kloon apparate in die huis gevind.

Die Valke, die SA Inkomstediens en banke het inligting uitgeruil wat die optrede moontlik gemaak het. Dit is blykbaar die meeste kloon apparate wat nog tydens een klopjag gevind is.

Die hoë-tegnologie, kaart-kloon apparate is blykbaar in n laboratorium gevind. Daar is ook kameras gevind wat gereed is vir installering by kitsbanke. Benewens die kloon toerusting is rekenaars, selfone en bankkaart “ontvangers” gevind, tesame met ’n voertuig wat deur die sindikaat gebruik word.