Bankbestuurder besteel landbouers

’n Bankbestuurder is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis weens vervalsing en geldwassery ten bedrae van bykans R3 miljoen.

Ene Edgar Dexter (28) van Kroonstad is in Bloemfontein se streekhof gevonnis.

Hy het vyf maatskappye geteiken wat aan landbouers behoort het.

Dexter was tussen 2009 en 2011 die bank se uitvoerende bestuurder. Hy het vanweë sy pos toegang tot die mense se rekeninge gehad.

Hy is blykbaar op 25 aanklagte van bedrog skuldig bevind.