Baasspelerige Zuma-konvooi verjaag motoriste

Dit was ’n baasspelerige-konvooi van BMW-motors wat Zastronstraat in Bloemfontein oorheers het toe die twaalf stuks voertuie alles en almal uit die straat verwilder het.

Een koerant het dit beskryf as: Jy moet skoert, padgee, skedêrel, hamba, soeka en sommer ook in goeie Afrikaans voertsek, uit die pad uit.

Hy was klaarblyklik op pad na die Philip Sanders-oord, waar die hoë kokkedore van die ANC saamtrek vir iets te drinke en ete.
Motoriste, voetgangers en fietse moes haastig padgee vir die aanstormende konvooi.