Asemtoets om kanker te diagnoseer

‘n Nuwe eksperimentele asem-ontleding vir kolorektale kanker kan getoets en gediagnoseer word met ’n 75% akkuraatheid.
Hierdie opspraakwekkende metode is deur navorsers van Italië ontwikkel.

Die elektroniese toestel spoor molekules op wat deur gewasse vrygestel word.
Dié tegniek kan nou ook gebruik word om long- en borskanker op te spoor.

Die span navorsers, is deur Donato Altomare van die Universiteit van Aldo Mori gelei. Asemtoetse van 37 pasiënte met kolorektale kanker is geneem, saam met toetse van 41 gesonde mense. Die pasiënte se asem is daarna ontleed.

Alhoewel die tegniek redelik eenvoudig is, is dit nog in ’n baie vroeë stadium.

Die navorsers se bevindings is blykbaar in die British Journal of Surgery gepubliseer.