ANC skuld gastehuise sowat R7miljoen

Gastehuiseienaars in Bloemfontein is woedend nadat die ANC al ‘n maand laat is met die betaling vir verblyf wat bespreek is vir die ANC se nasionale konferensie.

Een reisagent moes in opdrag van die ANC hoofkantoor sowat 12 gastehuise en 800 kamers bespreek en het bevestig dat die party hom oor die R7miljoen skuld. Die reisagent word verantwoordelik gehou deur die gastehuiseienaars omdat hulle geld verloor aangesien hulle geen ander gaste kan huisves nie.

‘n Ander huiseienaar in die Woodlands Hills Landgoed het gesê hy het ingestem dat die ANC vanaf 16 tot 20 Desember in sy huis mag bly, maar hy sukkel om sy fooi van R65 000 uit hulle te kry.

Ander Bloemfontein huiseienaars sukkel steeds om geld van die ANC te verhaal na die eeufees in Januarie vanjaar.