ANC in Oos-Kaap verwerp Zuma

Die ANC se tweede grootste streek in die land, die Oos-Kaap se OR Tambo, steun Kgalema Motlanthe as leier van die party.

Jacob Zuma, wat reeds die steun van die land se grootste streek in KwaZulu-Natal geniet, sou in die eerste posisie kon wees as die Oos-Kaap hom benoem het.

Die streeksvoorsitter, Thandekile Sabisa, het gesê die party onder leiding van Zuma het nie daarin geslaag om aandag te gee aan die Polokwane-konferensie se sake nie.

Sabisa sê verdeeldheid, die misbruik van staatsmag en swak dissipline is van dié belangrikste redes waarom Zuma verwerp word.

Waarnemers sê dat alles daarop dui dat die magstryd tussen Zoeloe en Xhosa vir die eerste keer sterk na vore kom. Dit kan lei tot hewige verskille in die toekoms..