2013: Die Jaar van die Komeet.

Twee nuwe komete wat ons planeet vinnig nader is ontdek. Volgens astronome het die een die moontlikheid om so helder te wees dat dit bedags gesien kan word, terwyl die ander beskryf word as “een van die helderste in die geskiedenis” en waarskynlik helderder as die maan sal wees.

Die eerste komeet, C/2011 L4 (PANSTARRS), sal na verwagting in Maart 2013 opdaag. Volgens die astronome sal dit laag in die westelike horison net na sonsondergang, potensieel deur die blote oog gesien kan word. Dit is ook moontlik dat dit gedurende die dag sigbaar sal wees.

Die tweede komeet wat waarskynlik helderder as die maan sal wees, is gedurende September ontdek. Astronome, wat hom 2012 SI (ISON) noem, het reeds voorspel dat dit op sy helderste sal wees op 28 November 2013.

Komeet ISON se besoek mag dalk langer as twee maande duur en tot in 2014 sigbaar wees. Volgens die astronoom Raminder Singh Samra is die komeet reeds baie helder en dit mag wees dat dit dieselfde pad as die groot komeet van 1680 sal volg wat tot vandag gereken word as die helderste komeet nog.