Vulkaan uitbarsting ontwrig Nieu Seeland

Vlugte is gekanselleer en ander moes vertraag word nadat ‘n vulkaan in ‘n nasionale park in Nieu-Seeland uitgebars en tonne vulkaanstof die lug ingestuur het.

Die regeringsagentskap GNS Science het ná die uitbarsting ‘n ernstige waarskuwing vir ‘n bedreiging uitgereik. Die vulkaan het vanjaar uitgebars nadat dit langer as ‘n eeu stil was. Owerhede het die uitbarsting as “relatief klein” beskryf, maar sê die toestande in die gebied naby berg kan weens die vulkaniese as neerslae gevaarlik wees.

Geen skade of ongevalle is in dié deel van Noordeiland aangemeld nie.