Voertuig bande word verder belas

’n Gereelde ondersteuner en adverteerder by Die Vryburger het bekend gemaak dat die regering vanaf 1 November 2012 ’n bykomende R2.35 plus BTW hef op elke kilogram van bande.

Na raming sal dit ’n bykomende inkomste aan die staat besorg van meer as R300 miljoen.
Die nuwe heffing is stilweg ingebring en word deur sakelui beskou as ’n tipese voorbeeld van hoe die regering die melkkoei ten bloede bly tap.
Redusa is glo ’n nie-winsgewende maatskappy wat ou bande materiaal gaan herwin. Hulle het 18 maande tyd om die ou bande af te haal by handelaars.

Hardnekkige berigte doen die ronde tussen sakemanne dat dit ’n nuwe manier is om diefstal te “wettig”.