Verslankingsmiddel veroorsaak kanker

’n Sogenaamde natuurlike verslankingsmiddel van Chinese oorsprong word tans in die land bemark onder die naam LeanGenie se JS Slim-verslankingskapsules. Daar is nou bevind dat die produk ’n lakseer middel bevat wat kan lei tot kanker.

Die “gifstof” fenolftaleïen, is tien jaar gelede aan die mark onttrek omdat navorsing getoon het dit veroorsaak kanker gewasse.

Toetse by die Universiteit van Pretoria se laboratorium toon daar is fenolftaleïen en sibutramien in LeanGenie se JS Slim-verslankingskapsules van Gauteng en in ’n dosie van Lifestyle Tradelink se Fruit & Vegetables-kapsules van die Wes-Kaap.

Verbruikers wat Kangmei en JS saam met Fruit & Vegetable-kapsules in sogenaamde kombo-pakke koop, loop die gevaar om onwetend dubbel dosisse sibutramien en/of fenolftaleïen in te kry.

Die bemarkers beweer glo dat die “100%-groente-en-vrugte-ekstrak” in Fruit & Vegetable-kapsules bevorder die uitwerking van ander produkte. Hulle waarsku egter dat iemand met hartprobleme, bejaardes en swanger vroue moet oppas vir die einste 100%-groente-en- vrugteproduk.

Dit blyk dat die produk uiters gevaarlik kan wees vir menslike gebruik.