Uit die Woord – Mark 12:17

Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. – Mark 12:17

Suid-Afrika is een van die lande waar die meeste belasting betaal word, deur die kleinste deeltjie van die bevolking, vir die minste dienste. Die meeste van ons volk se mense betaal ook hulle volle belating aan die staat wat 30% en meer eis van wat jy verdien al sou ons kon redeneer dat dit hulle nie toekom nie. Tog is die meeste volksgenote nie bereid om die 10% wat God eis te betaal nie ten spyte daarvan dat alles wat jy verdien van Hom af kom! As jou lojaliteite gemeet kan word aan die verhouding tussen jou belastingbetalings en jou tiende-bydraes, wie is jou hoogste prioriteit?