Twaalf beeste geslag vir Zuma

Jacob Zuma se familie het die naweek 12 koeie in ‘n ritueel geslag, word berig.

Die ritueel hou klaarblyklik verband met die ampstermyn wat kom. Die simboliek ter ondersteuning van ’n volgende termyn kom na vore met die oorhandiging van ’n skild en spies om hom teen sy teenstanders te beskerm.

Die berig meld dat die familie Sondag die ritueel by sy Nkandla-woning gehou het sodat hulle in aanraking met Zuma se voorvaders kon kom.

Geen ander leier van die ANC was teenwoordig nie. Die President het saam met Zulu-vegters gedans terwyl duisende van sy familielede glo gebid het om sy amp as president van die regerende party te behou.

En deur die ritueel heen is die 12 koeie geslag en verorber.