Tronkvoël getalle styg met 2,400%

Die Minister van Korrektiewe Dienste, Sbu Ndebele, het gesê Suid-Afrika het die meeste gevangenes in Afrika en die negende grootste aantal ter wêreld.

Ndebele het die opmerking gemaak tydens ‘n nasionale konferensie in Boksburg, waar daar “besin is oor die oorvol tronke van die land”
Suid-Afrika het 310 gevangenes vir elke 100 000 mense.

Hier teenoor het Nigerië, met ‘n bevolking van bykans 170 miljoen, slegs 31 gevangenes vir elke 100 000 mense.

Ndebele het ook bekend gemaak dat meer as 30% van gevange oortreders verhoorafwagtend is.

Volgens die Nasionale Raad vir Korrektiewe Dienste het die aantal gevangenes wat lewenslange vonnisse uitdien, gestyg met 2,400% sedert 1995.

Regter Siraj Desai, Die Voorsitter het gesê 433 gevangenes het in 1995 lewenslange vonnisse uitgedien. Dié getal het nou gestyg tot 10,314. Hy sê dit skep probleme met die oorbevolking wat plaasvind in tronke.

’n Kenner het aan Die Vryburger gesê dat hierdie toedrag van sake niet net ’n geweldige koste implikasie vir belastingbetalers het nie. Dit is ’n beeld wat uitgestuur word aan die wereld wat niks goeds inhou vir die land nie.

Hy het gesê die styging in getalle is direk toe te skryf aan die feit dat die doodstraf afgeskaf is.