Transvaal wen toe gemaklik

Vrydagaand was die afskop van die nuwe seisoen vir eendag krieket.
Na al die strominge in krieket kon hulle darem ’n nuwe borg bekom vir die reeks. Momentum is hierdie nuwe borg.

Die manne aan weerskante van die Jukskei was slaags in die openingswedstryd op Supersportpark in Verwoerdburg.

Die Transvalers was nukkerig na hulle drag slae in die Kampioeneliga en het hulle reeks geopen met ’n telling van 329/6. Die uitblinkers in die beurt was die kaptein, Stephen Cook wat 125 van 122 balle af gemoker het. Sy beurt het twaalf viere en ’n ses ingesluit.

Die Transvaal boulers het nie op hulle laat wag nie. Die jongeling Hardus Viljoen het die Noord-Transvalers aan flarde geboul met die nuwe bal. Sy boul syfers was 6-19 in nege beurte. Noord-Transvaal het erg gesteier op 34/9. Davis Wiese het darem gehelp om die skande so bietjie minder te maak met ’n beurt van 24 van 26 balle. Die bloues is desondanks uitgehaal vir net 60 lopies.

Die Transvalers wen die wedstryd met 269 lopies.