Tolk van die hof sit agter tralies

Die hof se tolk in die Vrystaatse dorp, Theunissen, sit agter tralies na hy op klagte van korrupsie en intimidasie in hegtenis geneem is.

Ene Papi Tshite Chalale bly in hegtenis tot sy volgende hofverskyning, wanneer hy glo om borgtog sal aansoek doen.

Benewens die klagtes word oorweging gegee om ’n vêrdere klag van sameswering om ’n ander misdaad te pleeg, ook op die klagstaat by te voeg.

Chalale werk reeds 11 jaar by die Departement van Justisie, waarvan sewe jaar op Theunissen.