Tolhekke begin in Februarie

Die omstrede e-tol hekke gaan verseker nié voor Kersfees ingestel word nie. Die vroegste datum waarop die omstrede tollenaars-proses kan begin, is minstens ’n tyd ná 10 Februarie 2013. Die hele aangeleentheid moet eers in die parlement deurgevoer word.

Opposisiepartye het op grond van tegniese punte daarin geslaag om te keer dat die wetsontwerp in die Nasionale Vergadering aanvaar word. Dit het veroorsaak dat die saak onttrek moes word van die besprekingslys.
In praktyk bring dit mee dat die e-tolstelsel nie meer voor Kersfees ingestel kan word nie.
Waarnemers het gesê dat die hele saak nou miljarde Rand verloor het aangesien die hele stelsel reeds maande gelde geïmplementeer sou word. Weerstand van padgebruikers is verantwoordelik daarvoor dat die stelsel eers in die tweede helfte van Februarie 2013 in werking sal wees.

Ernstige bedenkinge is reeds uitgespreek oor die algemene bestuur van die stelsel. Padgebruikers beplan om nie die e-tol skyf te koop nie wat beteken dat ’n reuse administratiewe las daardeur veroorsaak word. Die gedagte is ook geopper dat mense die e-tol skyf koop, maar dit tydelik bedek. As ’n rekening gestuur word, word dit betwis met die argument dat ’n e-tol skyf wel aangekoop is. Dit kan chaos veroorsaak.