Texas se eis vir onafhanklikheid stu voort

Min mense weet dat Texas in werklikheid nie ‘n staat van Amerika is nie, maar ‘n besette grondgebied wat met bedrog en geweld in die unie ingeforseer is.

Hierdie is die groot verskil in Texas se eis om onafhanklikheid en die res van die sowat 20 state wat sedert President Obama se herverkiesing wil afstig.

Meer as 117 000 handtekeninge van Texas is op die Withuis se webwerf aangeteken waarin onafhanklikheid geëis word. Die Withuis moet antwoord as daar 25 000 handtekeninge binne dertig dae verskyn.

Texas is die leier van die aanlynsesessie beweging en nie net omdat daar baie inwoners van Texas is nie, maar omdat die fundamentele beginsels wat van nasieskap verwag word – materieël, wetlik en filosofies – duideliker in Texas as in ander state gevind word. As alles opgeweeg word, is en was Texas nog altyd die staat wat die eerste en maklikste sou kon wegbreek.

Texas was eers onder beheer van Spanje en daarna Frankryk. Mexico het die gebied tot 1836 regeer waarna Texas ‘n onafhanklike republiek geword het. In 1848 het dit die 28ste staat geword wat saam met die Unie gesmelt het. Die anneksasie van die staat het die Mexikaans-Amerikaanse oorlog tot gevolg gehad. In 1861 het Texas van die Unie weggebreek, maar is na die Amerikaanse burgeroorlog weer ingesluit.

Die belangrikste is dat aangesien hulle ‘n aparte nasie in ‘n eie grondgebied was, kan hulle makliker as ander state weer afstig. Suksesvolle sesessie sal beteken dat hulle die veertigste grootste land in die wêreld sal wees met eie olierykdomme en ander produkte.