Terroriste versnel die moord-pas

’n Alombekende en ’n geliefde inwoner van Boksburg is verlede Donderdagnag in haar woonhuis vermoor.

Die 74-jarige mev. Annette Muller-Botha, bekend as Tannie Nettie, is vermoor toe drie terroriste haar huis binne gekom het. Sy is baie lelik aangerand en wreed vermoor.

Die terroriste het ’n slaapbroek in haar mond gestop, haar met ’n stuk elektriese draad vasgebind, haar gesig stukkend geslaan en met ’n sykous verwurg in haar huis te Wannenburgstraat, waar sy meer as 50 jaar gewoon het.

’n Koevoet en ’n lang mes is by haar gevind waarmee sy seergemaak is.

’n Woordvoerder van Projek 2010 het aan Die Vryburger gesê dat die barbare met hulle moorde voortgaan, wel wetende dat hulle hoogstens tronkstraf sal kry indien hulle ooit gevang sou word.

Tot en met 25 November is 14 mense deur terroriste vermoor. Dit is meer as een volksgenoot elke tweede dag van die maand. Dit is duidelik dat die pas versnel word, het hy gesê.