Terroriste val Tuks-prof aan

Drie terroriste het prof Max Braun van die Universiteit van Pretoria (UP) en sy vrou in hulle huis in Elarduspark, Pretoria aangeval en geskiet. Prof Braun is hoof van die UP se Departement Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderrig.

Prof Braun is in die maag geskiet en moes sowat twaalf bloedoortappings ondergaan omdat hy meer as vyf liter bloed verloor het. Hy is steeds in ’n kritieke toestand in die hospitaal. Dokters was bekommerd dat hy nie sou oorleef nie, maar dit lyk of hy nou vordering maak.

Sy vrou, Clare Braun, is in die linkerskouer geskiet en is ook in die hospitaal.

Prof Braun word in die hoë¬sorgeenheid van die hospitaal behandel. Sy vrou word binnekort ontslaan.

Die drie terroriste is nog op vrye voet.