Terroriste is borgtog geweier

Vier terroriste wat klaarblyklik verantwoordelik was vir die aanval op mnr. George Mills, ’n boer van die Groblersdal omgewing op 15 Augustus 2012, het 22 November in die landdroshof op Groblersdal verskyn.

Talle boere van die omgewing het die hofsaak bygewoon ter ondersteuning van mnr. Mills en om beswaar te maak dat borg nie aan die terroriste toegestaan moet word nie.

Al vier het aansoek gedoen om borg, maar die borgaansoeke het almal misluk. Hulle sal weer in die hof verskyn op 10 Desember 2012. Die verwagting is dat die hofsaak verskuif sal word na die Streekshof in Middelburg.

Waarnemers het die moontlikheid voorsien dat die vier terroriste ’n moeilike verhoor te wagte kan wees gesien in die lig van hul mislukte aansoeke om borgtog.