Terroris skiet mis

Die skoot het geklap die oomblik toe hy/sy kop gedraai het en dit het mnr André Jacobs, ’n werknemer van Roma Melkery in Dunnottar, se lewe gered.
Die koeël is rakelings by hom verby, deur die venster van die bakkie en teen die muur van die gebou waar hy werk.

Dit alles het blitsvinnig gebeur. Toe die terroris sien dat hy mis geskiet is, het hy en ’n trawant mnr Jacobs uit die bakkie geruk, ingespring en weggejaag. Die bakkie is later in ’n swart woonbuurt, Kwa Thema, gevind, maar die geld wat agter die sitplek versteek was, is saam met die terroriste weg.