Telkom se keuse

Telkom het aangekondig dat hy ‘n voormalige casino- en hotelbaas, Jabulane Mabuza as die nuwe voorsitter gekies het.

Mabuza, wat die week as lid van die Telkom raad gekies is, is sommer met onmiddellike effek ook as die voorsitter gekies, word in ‘n amptelike verklaring van Telkom bekend gemaak.

Mabuza is die voormalige uitvoerende hoof van Tsogo Sun Holdings. Hy was ook die voorsitter van die Casino-vereniging van Suid-Afrika (Casa) en Toerisme Suid-Afrika.

Mabuza sal Telkom moet lei. Die Maatskappy soek na ‘n nuwe uitvoerende hoof, nadat Nombulelo Moholi, besluit het om te bedank.