Telkom-diens word al hoe treuriger

Talle berigte oor Telkom se immer verswakkende diens word ontvang.

Die afgelope week is Oranjekas getreiter deur Telkomlyne wat nie herstel word nie. Talle klagtes is reeds ingedien en die swak reaksie daarop skep die indruk van ’n traak-my-nie-agtige houding.

Personeel by Oranjekas is uiters gefrustreerd en die direksie oorweeg dit ernstig om van alternatiewe dienste gebruik te maak.

Intussen kan Oranjekas tydens kantoorure by 079-205-1155 geskakel word.

Oranjekas het ook onder die kragkabeldiewe se geesdrif deurgeloop en was vir ‘’n geruime tyd afhanklik van ander kragbronne.